Siembamba boekpak

R300,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637001878
Format: Sagteband
Publish date: 2023-06-01
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is ’n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.” Hierdie is beslis ’n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2023
Format Sagteband
Skrywer Wendy Maartens
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Wendy Maartens