Vasbyt Vyf: Die ontvoering (Ontsnapping)

R180,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637000420
Format: Sagteband
Publish date: 2024-02-01
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré wéét wat hulle gesien het … en daar is net een oplossing: hulle moet die meisies red. Maar toe al hulle planne verkeerd loop, word die twee seuns sowel as Jaco se sussie, Karli, ook deur die ontvoerders vasgekeer. Nou moet die vyf kinders leer vasbyt … en planne maak.
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2024
Format Sagteband
Skrywer Eleanor Lombard
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Eleanor Lombard