Jakkals en Wolf-bundel 2: Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels (EBOEK)

R185,00
In voorraad
ISBN
9780637007429
Format: EPUB
Publish date: 2025-05-01
Links
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats. Beleef hoe hulle die uitdagings van die oorhangklip aanpak, ontdek hoe Wolf leer vlieg, en sien hoe hulle saamwerk om vir hul kos te werk. Lees hoe Wolf Jakkals se ryperd word, wat gebeur het toe hulle die taaiboswortel teëkom, en geniet die skreeusnaakse storie van Jakkals en Wolf en die speenvarkies. Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture en streke van Jakkals en Wolf.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mei 2025
Formaat EPUB
Skrywer Wendy Maartens
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Wendy Maartens