Welkom by die vierde industriële revolusie: waar diep-fop videos soos die waarheid lyk, jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KI-metgeselbot is! Skermslim: 'n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte is die allerbeste gids vir amper-tieners om die wêreld te verken. Jy sal leer hoe om die harige-tuna-vis-man te vermy, om hondebollie-kuberboelies aan te meld en ‘n blaaskans te vat van verslawende toepassings. Kom skaats deur die digitale ruimte met Nova, ʼn KI bot. Laat QR-kodes jou neem na prettige aktiwiteite en leer van ware stories oor skermskaatsers, nes jy, wat hier en daar die verkeerde paadjie met hul skaatsplank gevat het. Opskud, die jongste tegnologie wag vir niemand nie! Welcome to the Fourth Industrial Revolution: where deepfake videos look like the truth, your watch tells you if you had a good night's rest, and your best friend is an AI companion bot! Skermslim: 'n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte is the ultimate guide for almost-teens to explore the world. You will learn how to avoid the hairy-tuna-fish-man, report dog-poop-cyberbullies, and take a break from addictive apps. Come skate through the digital space with Nova, an AI bot. Let QR codes take you to fun activities and learn from true stories about screen skaters, just like you, who have taken the wrong path with their skateboard here and there. Hurry, the latest technology waits for no one!