Silas en die ysbeer op Tafelberg

R220,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776359868
Format: Sagteband
Publish date: 2026-08-01
Silas se ouma stuur hom elke aand Droomland toe met haar wonderlike stories: van husse met lang ore, Klaas Vakie en Van Hunks, tot die wensbokke wat op Tafelberg skuil. Wanneer Ouma eendag weg is, skraap Silas al sy moed bymekaar om haar in Droomland te gaan soek. Met die hulp van die karakters waarvan Ouma hom vertel het, en die bure se dogtertjie, Willemien, probeer Silas sy ouma vind. Maar die Tafelberg in Droomland is besig om onder sneeu te verdwyn, en iets wat brul, begin Silas jaag ... ’n Roerende storie wat vir kinders ’n moeilike konsep soos die dood sal verduidelik. Die boeke is beskikbaar in twee formate: as prenteboek en ’n langer leesboek. Perfek vir kinders van 5 tot 11 jaar oud.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Annie Klopper, Zandré Coetzer
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening