Die Fluisteraar

R220,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637012713
Format: Sagteband
Publish date: 2026-06-01
Dis die jaar 2075. Wêreldoorloë oor natuurlike hulpbronne het lank gewoed. Party stede oor die wêreld heen is beter af as ander, te danke aan tegnologieë wat hulle ondersteun. In Suid-Afrika is die Kaapkom feitlik ‘n woestyn. Kato is 17. Te danke aan sy pa se uitvindsel vir watersuiwering is hulle gesin welaf en kan goeie skoling bekostig. Eendag by die skool gebeur iets eienaardig – daar is ‘n groen kol op die grond ná Kato sy hand daar gehou het. Sy biologie-meneer sien dit ook raak. En wanneer Kato by die huis kom, wag sy meneer hom in. Die waarheid word onthul. Kato het spesiale kragte: Hy is ‘n Fluisteraar en kan nuwe plantegroei aanmoedig. Daar is net ‘n handjievol sulke mense in die wêreld. Fluisteraars word deur ‘n spesiale program gewerf en uitgestuur op geheime missies deur die wêreld. Kato word opgekommandeer na Uganda om ‘n woud daar te probeer red. Hy wil glad nie gaan nie, maar hy het nie ‘n keuse nie. Dit grief hom die meeste – dat hy uitgelewer is aan ‘n mag buite sy beheer. Wat gaan Kato uiteindelik kies: Om te bly en die wêreld te red? Of gaan hy ontsnap? Die groter vraag is: Watter toekoms bly vir die aarde oor?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Jacolet van den Berg
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jacolet van den Berg