"Afrikanerkind - Boerestories" is 'n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilikeomstandighede. Deur hierdie verhale wil Wendy Maartens jong wit Afrikanersinspireer om trots te wees op hul erfenis en identiteit, en om die skuldlas van dieverlede agter te laat. Die bundel beklemtoon ook die belangrikheid van begrip tussen verskillende kultuurgroepe en wys hoe gemeenskappe deur die eeue heen namekaar uitgereik het, mekaar gehelp en in liefde gedien het. Daarbenewens word die uitdagings van Afrikaner-emigrante in die buiteland verken deur 'n moderne verhaal wat as raamwerk dien.