Stalmaats 21: Tweede kans

R170,00
Stalmaats 21: Tweede kans
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799389432
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2019-02-01

Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks! Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat 'n nuwe ryskool op die dorp oopmaak. Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas – en hy probeer almal ompraat om Hoefslae 'n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die Dagbreek-ryskool, maar die nuwe ryskool is baie goedkoper en die eienaar was op sy dag 'n bekende Suid-Afrikaanse ruiter … Kan dit dalk die einde van die Dagbreek-ryskool beteken? Om dinge erger te maak, lyk dit boonop of Josh met sy seegroen oe en blonde krulhare 'n ogie op Anri het – en Anri se kêrel, Jacques, is glad nie gelukkig daarmee nie … en sy ma en pa is boonop die eienaars van Dagbreek. Toe Anri-hulle 'n geheim oor die nuwe ryskool uitvind, spat die vonke behoorlik! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie is die laaste boek in dié bekroonde en geliefde perdereeks waaroor jong perdeliefhebbers al jare lank gaande is.

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Feb. 2019
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Lize Roux
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Lize Roux