Op 23 April vier ons jaarliks Wêreldboekedag, en ons is verheug om skole vir die derde jaar uit te nooi om aan ons Wêreldboekedagkompetisie deel te neem!

Dit is 'n unieke geleentheid vir jou en jou leerders om die wonder van boeke te vier deur lewe in julle gunstelingboekkarakters te blaas. Die skool wat bewys dat hulle die meeste passie vir lees het, wen R5000 se boeke vir die skool, en daar is ook individuele pryse vir die mees unieke uitrusting op die spel! 

 

Riglyne vir individuele pryse:

  • Die beoordelaars is op soek na unieke boekkarakters wat op ’n koste-effektiewe manier uitgebeeld word.

  • Boekkarakters uit LAPA- en Penguin-boeke sal voorkeur geniet. Gaan loer gerus op ons webtuistes indien jy onseker is of die boekkarakter uit een van ons boeke kom.

  • Alhoewel klassieke kinderboekkarakters uit stories soos “Alice in Wonderland”, “Gouelokkies en die drie bere” of “Rooikappie” na aan ons harte lê, is ons spesifiek op soek na nuwer karakters.

 

Hoe skryf ek my skool in?

  • Plaas die foto’s op Facebook/Instagram en tag ons in die plasing:

@LAPA Kinder- en Jeugboeke

@Penguin Random House SA Kids

@Klaskameraad

  • Stuur vir ons ’n e-pos met die skakel na die plasing na info@klaskameraad.co.za 
  • Bepalings en voorwaardes geld.

 

Wil jy graag inteken op ons nuusbriewe en sodoende op hoogte bly van ons kompetisies, nuwe boeke en hulpbronne vir die klaskamer? Vul gerus die vorm onder in: