Donkie se lang pad dorp toe, en 19 ander fabels

R220,00
Donkie se lang pad dorp toe, en 19 ander fabels
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776350360
Format: Sagteband
Publish date: 2021-01-10
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke
manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die
alledaagse lewe toegepas kan word.
Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal
tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by
tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet
waardeer wat jy het. Muggie sien kans vir Leeu bevat die wysheid dat niemand
so sterk is dat hy nooit kan verloor nie.
Tor sit Arend op sy plek gee weer die moed dat al is jy klein is daar altyd ʼn
manier om ʼn boelie op sy plek te sit.
Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam,
vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is
Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê? Moenie langer wag om uit
te vind nie!

Lees die uittreksel
Meer inligting
Publish Date 10 Jan. 2021
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Wendy Maartens
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Wendy Maartens