Vierkant van die wraak (EBOEK)

R242,00
Vierkant van die wraak (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799357875
Format: EPUB
Publish date: 2012-09-01
Links
Ludovic Degroof, een van die magtigste en rykste mense van Brugge, se posisie kom in gevaar wanneer daar ingebreek word by die juwelierswinkel van sy seun Ghislain. Die waardevolle juweliersware word nie gesteel nie, maar net daar opgelos in ’n bak met suur, koningswater, soos dit genoem word. Die inbrekers laat ’n raaiselagtige handtekening agter: ’n Latynse spreuk uit die Middeleeue wat bekendstaan as “die vierkant van die tempelridders”. Dit word gou vir kommissaris Pieter van In duidelik dat Degroof weet wie op hom wraak wil neem. Vreemd genoeg doen Degroof alles in sy vermoë om die polisie-ondersoek te dwarsboom. Tot sy enigste kleinseun ontvoer word en die ontvoerders ? besonder bisarre eis stel in ruil vir sy vrylating... Stukkie vir stukkie ontrafel Van In, bygestaan deur sersant Versavel en die uiters aantreklike verteenwoordiger van Justisie, Hannelore Martens, die duistere verlede van Ludovic Degroof.
Meer inligting
Publish Date 01 Sep. 2012
Format EPUB
Skrywer Pieter Aspe
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening