Karolien se beskermer
Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.
Stefan kon Karolien nooit heeltemal vergeet nie. Maar hy het ’n sekuriteitsfirma en ’n verhouding hou gevare in. Die vreemde motor by Karolien se blyplek bevestig dat ou vyande weer op sy spoor is.
Kan hy vir Karolien beskerm sonder om sy hart te verloor?