Kook saam Kaaps
|

Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding.

KOOK SAAM KAAPS, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg.

Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel.   

 

R 195.00
Hoeveelheid


Resensies Skryf 'n resensie

OOR LAPA

LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.


LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.


LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...