Boekpak - Tippie doen wiskunde Vlak 2

R550,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637004947
Format: Sagteband
Publish date: 2024-01-01

Tippie doen wiskunde is unieke en prettige manier om wiskunde te bemeester.
Die Vlak 2 Wiskunde reeks fokus op die voorkennis van Vlak 1 en bou verder op die
boustene van wiskundige geletterdheid. Vlak 2 bied kinders die geleentheid om verskeie
vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie temas.
Tippie doen wiskunde is progressief en ons beveel aan dat jy by Boek 1 begin om
vaslegging te verseker.
Die breë uitkomstes in hierdie reeks is getalle, bewerkings en verwantskappe. Patrone,
funksies en algebra asook ruimte, vorm, meting en datahantering word deurlopend in
hierdie reeks aangeleer.
Tippie doen wiskunde Vlak 2 fokus op funksionele uitkomstes, bied geleentheid vir
selfassesering en sluit aantal tydgebaseerde aktiwiteite in. Duidelike vordering sowel as
kurrikulumuitbreiding is in hierdie reeks ingesluit.
Die Tippie doen wiskunde Vlak 2 boekpak bestaan uit die volgende 10 titels:

Boek 1: Ontdek in die oerwoud
Getalbegrip 1 – 20 / Hersiening en basislynassessering vir Graad 2 Wiskudige
geletterdheid
Boek 2: Ontdek met monsters
Getalbegrip 1 – 30 / Meting: kalenderwerk / Tyd: half- en kwartuur / Vermenigvuldiging /
Plekwaarde / Simmetrie
Boek 3: Leer in die ruimte
Getalbegrip 1 – 40 / Meetkunde: 3D-vorms / Afmetings: lengte en gewig / Plekwaarde
Boek 4: Ontdek met loopbane
Getalbegrip 1 – 50 / Breuke / Afronding tot naaste 10 / Suid-Afrikaanse geld /
Datahantering: sirkeldiagram / Meting: kalender en tyd
Boek 5: Leer met reptiele
Getalbegrip 1 – 60 / Afmetings: lengte / Verhoudings / Afronding / Patrone / Oorslaantel /
Plekwaarde
Boek 6: Ontdek met vervoer
Getalbegerip 1 – 70 / Meting: afstand, spoed en kapasiteit / Verhoudings / Breuke /
Patrone en volgorde / Datahantering: pictogram
Boek 7: Leer onder die see
Getalbegrip 1 – 80 / Afmetings: lengte en hoogte / Vermenigvuldiging / Afronding /
Plekwaarde / Datahantering: sirkeldiagram
Boek 8: Ontdek in die biblioteek
Getalbegrip 1 – 90 / Vermenigvuldiging / Meting: massa / Datahantering: telkaarte
Boek 9: Leer meer oor geld
Getalbegrip 1 – 100 / Suid-Afrikaanse geld / Verhoudings / Sakrekenaar pret / Plekwaarde
Boek 10: Leer terwyl jy deur die wêreld reis
Getalle, bewerkings en verwantskappe / Patrone, funksies en algebra / Meetkunde: ruimte
en vorm / Meting / Datahantering / Basislynassessering vir Graad 3 wiskundige
geletterdheid

Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2024
Format Sagteband
Tags Tippie
Skrywer Reinette Lombard, Jose Palmer
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Reinette Lombard, Jose Palmer