Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die LEER MY LEES-reeks bestaan uit trots Suid-Afrikaanse gegradeerde
leesboeke wat leesbegrip en -vlotheid progressief ontwikkel. Die Vlak 4
boeke 11-20 bou voort op die vaardighede wat in boeke 1-10 aangeleer is.
Vlak 4 se stories fokus op langer sinne en langer paragrawe. Tippie stel die
leser bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat, maar is steeds maklik om
te lees, en bou selfvertroue.