Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Leer my lees met Tippie is trots Suid-Afrikaanse gegradeerde leesboeke
wat leesbegrip en -vlotheid progressief ontwikkel. Die Vlak 3-leesboeke
11-20 bou voort op die vaardighede wat in boeke1-10 aangeleer is.
Vlak 3 se stories fokus op langer sinne en kort paragrawe. Tippie stel die
leser bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat, maar is steeds maklik om
te lees, en so selfvertroue te bou.