Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Leer my lees met Tippie is trots Suid-Afrikaanse gegradeerde leesboeke wat
leesbegrip en -vlotheid progressief ontwikkel. Die Vlak 2 Boeke 11-20 bou voort
op die vaardighede wat in boeke 1-10 aangeleer is.
Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds natuurlike
ontwikkeling in gedagte hou. Die stories in Vlak 2 fokus op dubbel-, twee- en
drieklanke, en is interessant en relevant met alledaagse avonture.