Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Leer my lees met Tippie is trots Suid-Afrikaanse gegradeerde leesboeke
wat beginnerlesers se self lees progressief ondersteun. Die Vlak 1-leesboeke
11-20 stel jong lesers bloot aan dekodeerbare teks met behulp van kleurvolle
en duidelike illustrasies.
Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds
natuurlike ontwikkeling in gedagte hou.
Die stories in Vlak 1 Boek 11-20 fokus op vokale, en is interessant en
relevant met alledaagse avonture.