Zackie Mostert en die baie beroemde hond (EBOEK)

R115,00
Zackie Mostert en die baie beroemde hond (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799367089
Format: EPUB
Publish date: 2014-09-01
Links
Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ... GENOEG IS GENOEG! Mevrou Langenhoven, Zackie-hulle se buurvrou, is WOEDEND! Zackie se hond het AL WEER haar pryswenner-petunias uitgegrawe ... en ’n NARE verrassing op haar grasperk gelos. Hierdie keer gaan sy GROOT moeilikheid maak. Maar dan lees Zackie van ’n troeteldierkompetisie. Dalk kan hy vir almal bewys hy het die heel SLIMSTE en GEHOORSAAMSTE hond in Granaatstraat! Hierdie is die tiende titel in die baie gewilde Zackie Mostert-reeks, wat tans weeksaande op RSG voorgelees word. Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, kulkunsies doen of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, en sy hond, Frankenstein.
Meer inligting
Publish Date 01 Sep. 2014
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs