Dis MY boek

R160,00
Dis MY boek
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799388770
Format: Sagteband
Publish date: 2018-06-01

Wat is die beste manier om 'n boek te lees as jy 'n kameelperd is?

Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy 'n boek in die veld optel. “Ek is MAL oor boeke!” roep hy uit.
Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats in die rede geval. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om 'n boek te lees.
Moet jy plat op jou maag lê soos 'n krokodil, op een been staan soos 'n flamink, of selfs onderstebo hang en heen en weer swaai soos 'n apie?
Kerneels het genoeg gehad en stap vies weg ... maar kort voor lank ontdek hy die heel beste manier om 'n boek te lees – saam met al sy dieremaats!

'n Bekoorlike prenteboek oor die vreugde van lees – en hoe om boeke op jou eie manier te geniet!

Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2018
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Erla-Mari Diedericks
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Erla-Mari Diedericks