Romanza-klub

Romanza is die reeksnaam vir die vier romanses wat elke maand by LAPA verskyn. Deur Romanzas te lees ervaar die leser die uitgestelde begeerte, die romantiese afwagting en die misterie van die liefde saam met die heldin en raak sáám met haar op die held verlief. Sy identifiseer met die emosionele struikelblokke tussen die hoofkarakters en hoe hulle dit uiteindelik oorkom om ware geluk te vind.

Romanza bied meesleurende, moderne en eietydse fantasieë aan die leser. Dié reeks vang die drama en intensiteit van ’n dinamiese en volwasse sensuele liefdesverhouding vas, en bied terselfdertyd emosionele versorging aan die vrou.

Sluit aan by Romanza-klub teen R115,00 per maand en ontvang as lid die volgende voordele:

  • Ontvang twee Romanzas elke maand vir slegs R115,00
  • Bestel jou derde en vierde Romanza vir slegs R45,00 elk
  • Geskenkies en verrassings met spesiale geleenthede
  • Ontvang ’n gratis ses-maande subskripsie tot rooi rose
  • Korting van 30% op alle LAPA-boeke (dit sluit Romanza, afgemerkte boeke of enige ander spesiale aanbiedinge uit). Hierdie bestellings kan telefonies geplaas word by 012 401 0700 of via epos by lidav@lapa.co.za. *Slegs vir bestellings, nie vir aansluiting by die klub nie
  •  Die romanse Droomman word eksklusief aan nuwe lede gestuur as ’n geskenk en is geteken deur die skrywer, Magdaleen Walters
  • Ons stuur maandeliks vir jou die Romanza-klubnuusbrief propvol inligting oor ons skrywers en hulle verhale

SLUIT VANDAG NOG AAN!


Romanza-klubaansluitingsvorm

Ek onderneem om elke maand die volgende te ontvang vir ’n tydperk van ten minste 12 maande


Persoon verantwoordelik vir die rekening:

*


Versending

Romanza-klublede se boeke word gratis versend via die SA Poskantoor. Indien jy egter jou pakkie wil registreer of wil versoek dat jou pakkie per koerier afgelewer word, kontak LAPA by 012 401 0700.

 

Debietorder

*Let wel: LAPA sal ’n adminstrasiefooi van R80 hef op debietorders wat nie deurgaan nie.

Iemand van LAPA se rekening-afdeling sal jou kontak indien jy jou lidmaatskap met jou kredietkaart wil betaal. 


Koste

Die huidige koste beloop: 2 boeke teen R115,00, 3 boeke teen R160,00 of 4 boeke teen R205,00. Romanza-klubpryse is geldig van 1 Maart 2016 af tot en 29 Februarie 2015.


Kansellasie

Ek onderneem dat indien ek hierdie kontrak wil opskort, my skriftelike bedanking LAPA Uitgewers ten minste 20 dae voor die datum waarop my kontrak gekanselleer moet word, sal bereik. Ek neem kennis dat my kontrak geldig sal wees vir ’n 12 maande-termyn. Ek neem kennis dat indien ek nie kennis gee van kansellasie van my kontrak voordat bogenoemde termyn verstryk het nie, my kontrak maand-tot-maand geldig sal wees. Indien ek my klublidmaatskap sou opskort voor die verstryking van bogenoemde termyn, aanvaar ek dat ek verantwoordelik is vir die koste van voordele wat ek gedurende my termyn as klublid geniet het wat as volg bereken sal word:

- LAPA gratis boek, Droomman, teen R85,00.

- Die verskil tussen die prys waarteen Romanza in die handel verhandel (R85,00) minus die bedrag wat ek maandeliks per boek betaal het.

- Die 30% afslag wat ek as Romanza-lid gekry het op aankope van boeke gepubliseer deur LAPA Uitgewers.

Captcha: click to refresh the Captcha image.

OOR LAPA

LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.


LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.


LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...