ROMANZA-LESERBLOG

Soek jy ’n plek om bietjie oor die LAPA-boeke  te gesels? ’n Gemaklike kuierplek waar mense die leed, liefde en lag van ’n boekfamilie net so baie soos jy geniet? Om jou mede-liefdesverhaallesers beter te leer ken? Nou kom kuier dan vir ons op die Romanza-lesersblog! Hierdie is elke LAPA-familielid se kubersitkamer. Gesels gerus met die skrywers, met mekaar of met Romanza oor ons gedeelde passie. Kom vind bietjie meer uit oor die skrywers wat jou heldin(ne) in die lewe roep op die skrywersprofielblad. Of kry ’n voorsmakie van die jongste Romanzas om daardie leesdors te les met ’n proestukkie wat een keer ’n week verskyn.

 

Kom maak ’n draai:   http://romanzalesers.wordpress.com/

Romanza-lesersblog

RSS

Om haar pinkie – Didi Potgieter

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Vies vir homself parkeer Willem sy bakkie die volgende oggend voor MC’s, Melissa se winkel. Hy moes eintlik nou besig gewees het om klaar te pak. Hy vlieg immers vanaand Johannesburg toe. Daar is nie vandag tyd hiervoor nie en as daar tyd was, sou hy baie ander dinge kon doen eerder as om agter … Continue reading Om haar pinkie – Didi Potgieter
Lees verder

Dans met ’n stiervegter – Trudy Reinhardt

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Haar woorde laat die groot held van die Spaanse arenas skaterlag. Dis die allermooiste klank wat sy nog ooit by enige man se mond hoor uitkom het. Sy blik gaan ooglopend belangstellend oor haar skouerlengte blonde hare voor dit sonder skroom tydsaam afwaarts dwaal tot by haar ligpienk geverfde toonnaels in oop plat sandale. Tahlia … Continue reading Dans met ’n stiervegter – Trudy Reinhardt
Lees verder

Ek het jou lief – Mari Roberts

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Tessa sluk ’n slag en haal diep asem voordat sy sag sê: “Ek sal nie huis toe kan kom nie.” “Vir wat nie?” Sy hoor die teleurstelling in haar ma se skril stem en Tessa byt saggies op haar onderlip. Sy kan haar ma se reaksie heeltemal begryp, want sy het al so baie verskonings … Continue reading Ek het jou lief – Mari Roberts
Lees verder

Tweede uitgawe van Liefde

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Vandag verskyn die tweede RomanzaLiefde op die rakke. En om jou te bederf is daar ’n geskenk vir die maand van liefde. Wat kan jy in hierdie uitgawe verwag? Om haar pinkie − Didi Potgieter Willem loop draaie om Melissa nadat hulle ’n soen gedeel het. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so … Continue reading Tweede uitgawe van Liefde
Lees verder

Die professor en die beterweter – Malene Breytenbach

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Hy het seker rede om hom slim te hou. Hy is ’n ingenieur met sy eie maatskappy maar Egipte fassineer hom so dat hy kom inskryf het vir ’n meestersgraad oor die vroulike farao, Hatsjepsoet, onder professor Kallie Viljoen. Wanneer hy sy ver­skyning gemaak het om met die professor te kom “gesels” (eintlik om te … Continue reading Die professor en die beterweter – Malene Breytenbach
Lees verder

Boeke wat jou laat Foxtrot

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Joune vir altyd – Alma Carstens Ná jare van seerkry weens Rudi se rondlopery besluit Melani om weg te gaan en van hom te vergeet. Met haar terugkoms in Wiesenhof raak Rudi halsoorkop verlief op die “nuweling” op die dorp – min wetend dat dié skoonheid einste Melani is. Ek het jou lief – Mari … Continue reading Boeke wat jou laat Foxtrot
Lees verder

WINTERSKOOL MET SKRYFKOMPETISIE VIR OPKOMENDE SKRYWERS

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied van Maandag 29 Mei tot Vrydag 2 Junie 2017 ’n Winterskool vir opkomende fiksieskrywers aan. Bekende en bekroonde skrywers en digters, toonaangewende uitgewers van Afrikaanse fiksie en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as sprekers, werkswinkelaanbieders en groepsessieleiers op. Die skryf van verhale, gedigte en kinder- en jeugfiksie kom onder … Continue reading WINTERSKOOL MET SKRYFKOMPETISIE VIR OPKOMENDE SKRYWERS
Lees verder

Lamsnek of die lam se nek? – Felicia Snyman

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Einde Desember het ek en my sus besluit om die lang en pragtige pad af Kaap toe aan te durf. So is ons sak en pak in die motor. Heerlike padkos, en ek praat van broodjies, worsrolletjies, beestong, hoenderboudjies en vele ander lipleklekker bederfies van ons mamma af. Ons het ‘n koelboks vol items vir … Continue reading Lamsnek of die lam se nek? – Felicia Snyman
Lees verder

Haar storieboekheld – Cheryl Rogers

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Hulle ry deur Naxos-dorp se strate. Bobbi verkyk haar aan die argitektuur. Baie van die geboue is wit met blou aksente – blou deure, blou vensterrame en blou hortjies. Die plek is mooier as wat sy gehoop het dit sou wees. “Ek sal vir altyd hier kan bly,” sug sy droomverlore. “Bly asseblief hier!” Tania … Continue reading Haar storieboekheld – Cheryl Rogers
Lees verder

“Niks is vir my lekkerder as om te skryf nie” – Cheryl Rogers

  • 2/21/2017 10:57:13 AM
Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as … Almal net ’n slaggie wil ophou kla, en eerder wil begin dankie sê vir alles wat wel goed en reg is in hulle lewens. Glo my, as jy gedurig kla en ontevrede is, sal jy net nóg dinge vind om oor te kla en … Continue reading “Niks is vir my lekkerder as om te skryf nie” – Cheryl Rogers
Lees verder
Page 1 of 6FirstPrevious[1]2345NextLast

OOR LAPA

LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.


LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.


LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...