LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.

LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.

LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

LAPA is 'n algemene uitgewery wat boeke in drie fokusareas publiseer:

  • LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op eietydse, opwindende kinder- en jeugboeke wat kinders lief maak vir lees. Pret is hier ons wagwoord.
  • LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van volwassenes met fiksie wat die hele spektrum – van ontspanning tot letterkunde – dek.
  • LAPA se Romanza-klub verskaf oorspronklike Suid-Afrikaanse liefdesverhale aan ons lesers in gedrukte en e-boekformaat.
  • LAPA se niefiksie-afdeling dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe. Ons is veral bekend vir ons uitstekende kook- en handwerkboeke.

LAPA is op die voorpunt van die elektroniese revolusie in die uitgewerswese. Hou ons dop vir gedrukte boeke wat aangevul word deur allerlei elektroniese tegnieke, e-boeke en opwindende toeps (apps).

Bly op hoogte van al die opwinding deur op ons nuusbrief in te teken.

Bestel jou boeke per foon by tel. (012) 401 0700, per e-pos (webbestellings@lapa.co.za) of hier op ons webblad. Registreer nou.

LAPA se boeke is ook by die meeste toonaangewende boekhandelaars in die land beskikbaar.

OOR LAPA

LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.


LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.


LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...