SOEK IN NUUS

Lemmetjie-en- Grenadellakaaskoek

Gepos op ...
Lemmetjie-en- Grenadellakaaskoek

Kors:

200 g semelbeskuitjies, gekrummel

¼ k (35 g) sagte bruinsuiker

⅓ k (85 g) Clover Butro bottersmeer, gesmelt

 

Vulsel

¼ k (60 ml) koue water

5 t (25 ml) gelatienpoeier

500 g gladde roomkaas

½ k (105 g) versiersuiker

1 t (5 ml) vanieljegeursel

fyngerasperde skil en sap van 2 lemmetjies

1 k (250 ml) Clover room, styf geklits

 

Bolaag

¼ k (60 ml) grenadellamoes

3 e (45 ml) Clover Krush grenadellasap

1 t (5 ml) gelatienpoeier

 

Kors

Voer ’n 20 cm-veerklampkoekpan met silikoonof bakpapier uit. Meng die beskuitjiekrummels en suiker. Voeg die botter by en meng goed deur. Skep die beskuitjiemengsel in die voorbereide koekpan. Gebruik ’n metaallepel om die beskuitjiekrummels eweredig te versprei en stewig vas te druk. Verkoel tot benodig.

 

Vulsel

Giet die water in ’n mikrogolfbak. Strooi die gelatien oor die water en roer deur. Mikrogolf op die hoë stelling vir 20 tot 30 sekondes of tot die gelatien opgelos het. Laat vir 15 minute eenkant rus.

Klits die roomkaas, versiersuiker, vanieljegeursel, lemmetjieskil en -sap saam tot glad.

Vou die styfgeklitste room en gelatienmengsel deeglik in.

Skep die roommengsel op die verkoelde beskuitjiekors en maak dit met ’n paletmes of metaallepel gelyk.

Verkoel vir 2 ure.

 

Bolaag

Meng die grenadellamoes en -sap in ’n klein kastrolletjie.

Strooi die gelatien oor die sap en roer deur. Verhit stadig en roer tot die gelatien opgelos het.

Laat vir 5 minute afkoel en giet die sapmengsel oor die kaaskoek.

Verkoel vir ’n verdere uur.

 

Sny in porsies en sit voor.

Gaan terug

OOR LAPA

LAPA is ’n akroniem vir Lees Afrikaans, Praat Afrikaans. 


Ons publiseer hoofsaaklik Afrikaanse boeke, maar gee sommige titels ook in Engels uit.


Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

KANTOORURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...

ATKV Logo