SOEK IN NUUS

Onderhoud met Frenette van Wyk

Gepos op ...
Onderhoud met Frenette van Wyk

Geliefde Rebel is Frenette van Wyk se 22ste boek en tweede SuperRomanza by LAPA Uitgewers en nou weet ons presies wat aangegaan het agter die skerms tydens die skryf van haar jongste liefdesverhaal.

 

Na die skryf van 20 Romanzas het ons gewonder hoekom Frenette besluit het om die sprong te maak na die skryf van SuperRomanzas, wat heelwat langer stories is. Haar antwoord was dat die dikker boeke vir haar ’n nuwe uitdaging is. Sy sê: “Die langer romanses bied baie meer geleentheid om die karakters en hulle verhouding te laat ontwikkel. Dit neem heelwat langer om SuperRomanzas te skryf in vergelyking met die korter romanses, maar dat die stories ’n bietjie meer om die lyf het en is ryker.” Sy bieg dat sy graag self ook eerder dikker boek lees as die blitsiges wat ’n mens in ’n paar uur kan verslind.

 

Donkies vorm ’n kern tema in Frenette se boek Geliefde Rebel en blykbaar was sy nie nog altyd net lief vir diere nie, maar veral vir donkies.

 

Om met diere te doen te kry is vir haar baie terapeuties en verkwikkend. Boonop herinner sy ons dat ’n donkie ’n wonderlike ding is. Sagmoedig maar ook hardkoppig.Vir haar is om op ’n donkiekarretjie oor ’n grondpad te ry, die epitoom van Vryheid. Waar ook al sy een teëkom, weet haar hele gesin al daar gaan eers op die donkiekar gery MOET word voor hulle verder kan gaan.

 

Frenette vertel dat sy baie navorsing oor die agtergrond van haar stories doen en spesiale aandag aan die volgende elemente gee: Die omgewing: Of dit ’n stad in Europa, die Amasone of ’n plaas in Beaufort-Wes is, sy doen navorsing oor die omgewing, die weer, die plantegroei sodat sy weet waarvan sy praat as sy iets daaroor in ’n storie wil noem.

 

Die held en heldin: Hulle keuse van beroep bv. ’n parfumeur of modeontwerper, en hoe ’n tipiese dag in so ’n persoon se lewe verloop, is vir haar belangrik inligting om die karakter diepte en meer dimensie te kan gee.

 

Voordat sy Geliefde Rebel geskryf het, het Frenette self op haar eie donkietoer gegaan. Dit het ingesluit twee besoeke aan twee verskillende donkiehawes in die Kaap, ’n geskiedkundige toer op ’n donkiekar deur die strate van Beaufort-Wes en ook ’n twee dae toer op ’n donkiekar in die Sederberge. So kon sy met donkies in aanraking kom, en baie leer oor hulle geaardheid, rehabilitasie e nook oor donkiekarretjies. Vir haar was dié ervaring baie leersaam maar ook ’n heerlike en onvergeetlike belewenis.

 

Die bogenoemde was deel van haar navorsings proses en sy vertel dat haar stories egter geheel en al uit fiktiewe idees bestaan. Die karakters wat sy geskep het asook die storielyn en konflik wat die held en heldin uiteindelik bymekaar bring in Geliefde rebel, haar eie “uitgedinkte” kreatiewe werk was.

 

Vir die toekoms het Frenette vertel dat sy nie beplan om eendag ’n vasgestelde getal boeke te probeer skryf nie. Hoewel sy graag nog baie boeke wil en hopelik sal skryf, wil sy elke storie op sy eie tyd geniet en nie haar boeke begin jaag en aframmel net om ’n sekere hoeveelheid boeke per jaar to probeer in pas nie.

Gaan terug

OOR LAPA

LAPA is ’n akroniem vir Lees Afrikaans, Praat Afrikaans. 


Ons publiseer hoofsaaklik Afrikaanse boeke, maar gee sommige titels ook in Engels uit.


Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...

ATKV Logo