SOEK IN NUUS

Vadersdagresep uit Nie vir ma's nie

Gepos op ...
Vadersdagresep uit Nie vir ma's nie

Frittata uit Nie vir Ma's nie 

BESTANDELE:

  • olie

  • 1 middelslag-ui,

  • fyngesny ½ groen soetrissie,in blokkies gesny

  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny of 5 Peppadews™,

  • gesnipper (as jy van ’n branderige smaak hou)

  • 125 g sampioene, in skyfies gesny

  • ½ pynappel, geskil en in blokkies gesny

  • 250 g ham, in blokkies gesny of gesnipper

  • 50 ml fyngesnipperde sprietui

  • 8 eiers

  • 125 ml melk

 

METODE:

1. Maak ’n bietjie olie in ’n groot braaipan warm. Die pan moet ook in die oond onder die rooster gesit kan word – daarom moet dit nie plastiekdele hê nie.

2. Soteer die ui en soetrissies of Peppadews™, roer die sampioene by en braai dit tot gaar.

3. Roer die pynappel, ham en sprietui by. Haal die pan van die plaat af en stel die hitte af na matig.

4. Klits die eiers en melk saam. Sit die pan weer op die plaat en giet die eiermengsel oor die bestand-dele in die pan. Laat die frittata stadig gaar word, totdat dit onder goudbruin is. Die eiermengsel moet amper bo-op gestol wees – toets dit deur die kante van die frittata met ’n eierspaan weg te trek. Jy kan ook ’n deksel opsit. Skakel intussen die oondroosterelement aan.

5. Sit die pan (sonder die deksel) vir so 5 minute onder die rooster, sodat die eier bo-op kan stol.

6. Sny die frittata in wiggies en sit dit voor saam met lekker brood of slaai.

Gaan terug

OOR LAPA

LAPA is ’n akroniem vir Lees Afrikaans, Praat Afrikaans. 


Ons publiseer hoofsaaklik Afrikaanse boeke, maar gee sommige titels ook in Engels uit.


Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...

ATKV Logo