SOEK IN NUUS

Brei ’n serp vir Mandeladag

Gepos op ...
Brei ’n serp vir Mandeladag

Doen jou deel vir liefdadigheid en brei ‘n serp!

Op 18 Julie vier ons Mandeladag, ’n wêreldwye liefdadigheidsinisiatief, en LAPA Uitgewers vat vanjaar hande met die ATKV, Vrouekeur en Bargain Books.

 

Hoe kan jy saambrei?

Brei die patroon hieronder (vir volwassenes of kinders) uit die splinternuwe breiboek Vrouekeur 50 breipatrone in ’n kleur van jou keuse. Lewer die serp voor of op 18 Julie 2017 by jou plaaslike Bargain Books-tak af. Bargain Books sal die serpe voor 31 Julie aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies van hul keuse aflewer.

As jy nie ’n deelnemende Bargain Books-tak kan opspoor nie, pos die serp aan LAPA, Posbus 123, Pretoria 0001.

Deel gerus ’n foto van jou en jou serpe met ons op Facebook en Twitter vir ’n kans om iets te wen!

SERP VIR VOLWASSENES

Wat het jy nodig?

Gebruik wol van jou keuse en pas breinaalde daarby aan

Afkortings

aw – aweregs r – regs

Patroonsteek

Oor veelvoud van 4 plus 3 1ste ry: *r2, aw2, herhaal van * tot laaste 3 ste, r3. Herhaal 1ste ry.

Wenk

Hierdie patroon is alkant selfkant.

AANWYSINGS: SERP

Stel 35 ste op en werk in patroonsteek tot serp sowat 155 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.

Om te voltooi

Knip fraiings van ongeveer 30 cm lank en heg twee-twee saam aan albei punte.

KINDERSERP

Stel 19 ste op en werk in patroonsteek tot serp sowat 100–120 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.

Om te voltooi

Knip fraiings van ongeveer 20 cm lank en heg twee-twee saam aan albei punte

Gaan terug

Aanhegsels

  1. Brei 'n serp.pdf 5/18/2017 8:24:57 AM

OOR LAPA

LAPA is ’n akroniem vir Lees Afrikaans, Praat Afrikaans. 


Ons publiseer hoofsaaklik Afrikaanse boeke, maar gee sommige titels ook in Engels uit.


Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...

ATKV Logo