Hulp met e-Boeke

Waarop lees jy jou e-boeke?

'n Rekenaar met Windows

As jy ’n bestaande e-leser het wat jy reeds gebruik, laai die e-boek af en kyk of jy dit kan oopmaak in 'n bestaande e-leser. As dit nie werk nie, volg hierdie stappe.

  1. Installeer Adobe Digital Editons op jou rekenaar. Jy hoef dit net een keer te doen. 
  2. Adobe gaan vra dat jy registreer. Jy hoef dit net een keer te doen. Onthou om ’n aantekening te maak van jou e-posadres en wagwoord waarmee jy registreer, jy gaan dit weer later gebruik.
  3. Sodra jy jou Adobe ID-besonderhede invul, sal die program aktiveer.
  4. Klik nou op die e-Boek in jou eBoekrak (op LAPA se webblad) en dit behoort outomaties in Adobe Digital Editions oop te maak.

’n Toegewyde e-leser soos byvoorbeeld: Sony, Gobii, iRiver

Aangesien jy ’n bestaande e-leser het wat jy reeds gebruik, laai die e-boek af en kyk of jy dit kan lees. As dit nie werk nie, volg hierdie stappe.

  1. Installeer Adobe Digital Editons op jou rekenaar. Jy hoef dit net een keer te doen. [http://www.adobe.com/solutions/ebook/digital-editions.html]
  2. Adobe gaan vra dat jy registreer. Jy hoef dit net een keer te doen. Onthou om ’n aantekening te maak van jou e-posadres en wagwoord waarmee jy registreer, jy gaan dit weer later gebruik.
  3. Sodra jy jou Adobe ID-besonderhede invul, sal die program aktiveer.
  4. Laai die e-Boek van LAPA se e-Boekrak af en stoor dit op jou rekenaar. 
  5. Koppel jou e-leser aan jou rekenaar (maak seker jy het reeds jou e-leser se sagteware op jou rekenaar geïnstalleer) en trek die e-Boek van die rekenaar oor na jou e-leser sagteware.
  6. Hierna kan jy jou e-leser van jou rekenaar ontkoppel en jou e-Boek lees.

'n iPhone, iPad of Apple-rekenaar (iOS)

Apple se iBooks is ’n baie goeie e-leser. Apple se iBooks is byvoorbeeld ’n gratis app. Laai dit af by die AppStore, installeer dit en geniet e-boeke. As jy reeds iBooks of ’n ander e-leser het wat werk, behoort jy ons e-boeke te kan aflaai en oopmaak soos jy enige ander e-boek sal lees. As dit nie werk nie, volg hierdie stappe.

As dit nie werk nie, volg hierdie stappe.

  1. Registreer by Adobe. Jy hoef dit net een keer te doen. Onthou om ’n aantekening te maak van jou e-posadres en wagwoord waarmee jy registreer, jy gaan dit weer later gebruik.
  2. Laai die Bluefire-app van die AppStore op jou toestel af.
  3. Wanneer jy die app op jou toestel oopmaak, voltooi jou unieke ADOBE ID besonderhede hier.
  4. Laai die e-Boek van LAPA se e-Boekrak af en stoor dit op jou rekenaar
  5. Koppel jou tablet of slimfoon aan jou rekenaar en trek die e-Boek na jou tablet of slimfoon oor. Jy kan hierna jou toestel ontkoppel.

Jou Android-slimfoon, -tablet of -rekenaar

Daar is uitstekende e-lesers beskikbaar by die Google PlayStore. As jy ’n bestaande e-leser het wat jy reeds gebruik, laai die e-boek af en kyk of jy dit kan lees. As dit nie werk nie, volg hierdie stappe.

  1. Registreer by Adobe.  Jy hoef dit net een keer te doen. Onthou om ’n aantekening te maak van jou e-posadres en wagwoord waarmee jy registreer, jy gaan dit weer later gebruik.
  2. Laai die Bluefire-app van Google Playstore op jou toestel af
  3. Wanneer jy die app op jou toestel oopmaak, voltooi jou unieke ADOBE ID besonderhede hier.
  4. Laai die e-Boek van LAPA se e-Boekrak af en stoor dit op jou rekenaar
  5. Koppel jou tablet of slimfoon aan jou rekenaar en trek die e-Boek na jou tablet of slimfoon oor. Jy kan hierna jou toestel ontkoppel.

'n Kindle

Kindle kan ongelukkig nog nie ’n ePub  lees nie. Jy kan dus nie al hierdie boeke wat ons hier aanbied op ’n Kindle lees nie, maar daar is baie goeie nuus. LAPA se boeke is ook by Amazone beskikbaar. Enige een van hierdie boeke kan jy dus op Amazon gaan soek en koop soos jy met enige ander boek sou doen.

Onthou

  • Jy sal nie jou e-boek kan lees op toestelle wat nie ePUB sagteware ondersteun nie. Gaan jou e-leser na voordat jy ’n e-Boek koop.
  • Jy sal ongelukkig nie LAPA se e-Boeke op jou Kindle kan lees nie, maar LAPA se e-titels is te koop by Amazon.
  • Jy moet gekonnekteer wees op die internet om jou e-Boek vir die eerste keer af te laai. Nadat jy dit suksevol afgelaai het, hoef jy nie weer aanlyn te wees om die e-Boek te lees nie.

Jou e-Boekverwante vrae

  1. Waar laai ek my e-Boek af? Meld aan op LAPA se webblad en maak jou profiel oop. Klik op die e-Boekrak-opskrif. Jou boekrak lys al die e-boeke wat jy gekoop het. Klik op die skakel om die boek af te laai. 
  2. Hoeveel keer kan ek my e-Boek aflaai? Jy hoef jou e-Boek net een af te laai. Hierna het jy herhaaldelike toegang tot jou e-Boek.
  3. Kan ek ’n e-Boek omruil of teruggee? Ongelukkig keur LAPA nie terugsendings vir e-Boeke goed nie, maar ons sal jou rekening krediteer in indien ons die verkeerde e-Boek, nie die een wat jy gekoop het nie, verskaf het; of indien die e-Boeklêer korrup is.

OOR LAPA

LAPA beteken "huis": huis van boeke - en veral Afrikaanse boeke.


LAPA publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat, maar laat ook nie ander tale agterweë nie.


LAPA ondersteun die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

 

Lees verder...

KONTAK ONS

WINKELURE:
 08:00 – 16:00 (Maandae tot Vrydae)

PRETORIA: 
Bosmanstraat 380, Pretoria
 012 401 0700
 086 720 1583
 lapa@lapa.co.za

 

Lees verder...