Boek
van die maand
Poppekas is 'n spanningsverhaal met skop oor moord in die Moederstad. Waar is Harm en hoeveel verdiepings het die mediatoring? Een vreeslose vrou het genoeg gehad. Sy durf die korporatiewe reuse kaalvuis aan, van die koerantkantoor tot in die vensterwassersbakkie. Sy verruil die HAT vir karate-kata's, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.
Deborah Steinmair
Deborah Steinmair is vryskutjoernalis, resensent en skrywer. Sy debuteer in 2003 met ’n Engelse digbundel, A See-Through Suitcase (Genugtig! Uitgewers). ...