Harde woorde

Kategorie(ë):

Speur- en spanningsverhale

Titel:

Harde woorde

Skrywer(s):

François Bloemhof

Opsomming:

Alma van der Pool, steeds die Afrikaanse speur-spanningsboek se enigste sterk vrouekarakter en nooit ooit bloot ’n dame wat gehelp moet word nie, het die speurdiens verlaat en werk nou privaat. Haar nuutste kliënt is die liefdesverhaalskrywer Cor Esterhuyse, wat deur ’n naamlose persoon geteister word en agterkom hoe woorde teen hom kan draai – en hoe hard die werklikheid kan wees. Die verdagtes? Dié naaste aan hom. Wat volg, sal jou op tergende wyse aan die raai hou (en op die rand van jou stoel) en is deur die keurder beskryf as “die werk van ’n meester” en “die soort teks wat ’n ereplek verdien in enige letterkunde”. Maar moenie sy woord daarvoor aanvaar nie – lees en oordeel self ... ʼn Waardige opvolg vir Spinnerak en Jagseisoen deur die gewilde Francois Bloemhof.

Prys :

R 140.00

Formaat:

Sagteband 107 x 170mm 184pp

ISBN:

978 0 7993 4433 2

Kry hierdie boeke ook: